News

Moenie die sakpaswinkels vergeet nie

Jy kan hier bekostigbaar klere koop

Die winterkoue lê voor en vir nie almal is dit moontlik om splitnernuwe  klere, of met bêrekoop klere te koop nie –  hetsy vir jouself of jou kinders.

Moenie vergeet dat Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se bekende Sakpas-klerewinkel in Middelstraat, oorkant Telefoonden, vanaf verlede week weer onder vlak 4 inperkingsregulasies kon oopmaak.

Hier is baie netjiese tweedehandse klere beskikbaar teen baie bekostigbare pryse – dikwels skenkings van mense wat nie meer nut daarvoor het nie, of waarvoor die klere dalk te klein geraak het.

Alle fondse wat met die verkoop van die klere ingesamel word, word weer in die gemeenskap teruggeploeg om hulle wat minder het, te kan help.

Alle klere en skenkings wat Vrystaat Versorging in Aksie van die gemeenskap ontvang, gaan ook na die Sakpaswinkel, tensy dit in VVA se Veiligheidshuis gebruik kan word.

VVA se personeel en vrywilligers sê dankie aan die gemeenskap vir onbaatsugtige bydraes, skenkings en donasies wat gereeld ontvang word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button