Eskom en Ngwathe se tegniese spanne werk steeds onverpoosd en daar is ‘n moontlikheid dat Parys dalk tog later vanaand mag krag hê.
Hou assseblief in gedagte dat dit geweldige omvangryke herstelwerk is wat gedoen moes word by die Eskom-substasie waar ‘n brand Dinsdagaand uitgebreek het, en dat daarom presiese tydsraamwerke vir die voltooiing van die herstelwerk nie gegee kan word nie.
Alle Parysenaars word gevra om sodra die krag sou aankom asseblief saam te werk om nie onnodige las op die kragnetwerk te plaas nie. Skakel nie-noodsaaklike elektriese toestelle af en spaar krag waar jy kan.
Die munisipaliteit sal voortaan munisipale beurtkrag moet toepas om die las op die netwerk te verlig en sal dit nodig wees dat mense sal moet help om verbruik te spaar waar moontlik. ‘n Skedule vir die beurtkrag sal deurgegee word.




