
- Die nasionale ramptoestand word verleng tot 15 September.
- Die aanklokreël bly in plek tussen 22:00 en 04:00.
- Die hele land skuif na vlak 2 van inperking om middernag Maandag 17 Augustus dus geld onderstaande verslappings in effek vanaf Dinsdagoggend 01:00
- Provinsiegrense word oopgestel.
- Die verbod op alkohol en tabakverkope word opgehef.
- Drank mag Maandag tot Donderdag verkoop word by drankwinkels van 09:00 tot 16:00
- Gelisensieerde drankplekke soos restaurante, hotelle ens. mag drank verkoop vir gebruik op die perseel maar net tot 22:00 saans.
- Jy mag weer by familie kuier.
- Beperking op getalle geld steeds vir byeenkomste ook van godsdienstige aard, sowel as saamtrekkeen begrafnisse waar nie meer as 50 mense saam mag wees nie.
- Geen toeskouers by sportwedstryde.
- Alle binnelandse vlugte word toegelaat maar die beperking bly op internasionale vlugte.
- Toere, gastehuise, hotelle en ander fasiliteite in die gasvryheidsbedryf word weer oopgestel onder streng voorwaardes.
- Gimnasiums en gesondheidsklubs kan heropen onder streng regulasies.
- Parke, strande en wildreservate is oop.
- Meeste ekonomiese bedrywighede word toegelaat maar reëls vir sosiale afstand en alle andergesondheidsregulasies moet nagekom word.
- Die dra van lapmaskers in die openbaar word steeds vereis.
Die president het vanaand in sy toespraak aan Suid-Afrikaners gesê die land het sy piek bereik met die Corona-virus, maar dat waaksaamheid nie verslap moet word nie. Ook dat daar nog ‘n lang en moeilike tyd voorlê vir die land se ekonomie. Die herstelvlak is tans 80% van gevalle met 11 600 mense wat tot dusver aan die virus gesterf het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



