
Talle verskrikte honde en katte moes weer gisteraand op Oujaarsaand weer die prys betaal vir mense se klapper-viering van die nuwe jaar.
As jy jou troeteldier vermis, moenie vergeet om ‘n draai by die plaaslike DBV te maak nie. Dalk is jou hondjie of kat een van dié oor wie die DBV-personeel hulle gisteraand moes ontferm.
Hoewel die DBV vandag op Nuwejaar gesluit is omdat dit ‘n openbare vakansiedag is, is die DBV Saterdag weer oop van 08:00 tot 12:00 en weeksdae van 08:00 tot 16:00. Sou jy egter vermoed dat jou verlore hondjie dalk by die DBV kan wees, is jy welkom om enige tyd hulle noodnommer te skakel sodat personeel jou kan help.
Jy kan die DBV se noodnommer skakel by 072 894 4061



