Woord en Gees Fees – dis gratis, kom luister
Die jaarlikse Woord en Gees Fees sal vanjaar op 15 Mei in Parys gehou word, Dit vind plaas by die AfriDome Kapel in Allenbystraat, Parys vanaf 09:00 die oggend. Joe & Marie van den Berg, Alida Schabort, Henno en Amelia Botha en Ernie en Hanlie Amos sal die Wooed en Genadegawes van die …

Die jaarlikse Woord en Gees Fees sal vanjaar op 15 Mei in Parys gehou word, Dit vind plaas by die AfriDome Kapel in Allenbystraat, Parys vanaf 09:00 die oggend. Joe & Marie van den Berg, Alida Schabort, Henno en Amelia Botha en Ernie en Hanlie Amos sal die Wooed en Genadegawes van die Gees bedien.
Tien van Marie van den Berg se boeke sal ook uitgedeel word en aan die einde van die laaste sessie sal Hanlie Amos haar skildery wat sy deur die dag gaan skilder aan ‘n gelukkige persoon skenk. Die dag is gratis en almal is welkom. Pak ‘n piekniekmandjie en kom luister saam. Daar is ook restaurant fasiliteite op die perseel beskikbaar.
Vir navrae skakel Alida b 082 411 4408




