Of daar jaffels gebak moes word, of vir ’n Passiespele geoefen is, koor gesing, of by die Bybelstudie. Sy was daar. Altyd op haar pos. Altyd betyds, altyd gereed om haar deel te doen. Dit was hoe hulle wat haar liefgehad het, en haar pad gekruis het, vir Elsa Keulder onthou. ’n Raakvat vrou. Iemand op wie jy altyd kon staatmaak, en wat geglo het in wat reg is. Daar was niemand wat ’n magsnommer so kon onthou soos Elsa nie. Jy kon haar in haar dae in die Parys Kommandokantoor enige tyd vra – sy sou ’n magsnommer uit haar kop kon gee.

deur die kommandokantoor beweeg het, skryf Hannes de Wet wat ook die foto verskaf het.
Selfs die tyd wat sy by die munisipaliteit gewerk het, het sy haar werk met absolute presiesheid gedoen. Haar algemene kennis was verstommend, en kon sy met jou oor letterlik enigiets gesels. Vir haar kinders en kleinkinders was sy ’n onuitputbare bron van inligting, en sou hulle nooit die kans laat verbygaan om ’n draai by haar te maak in Sally Martin Park wanneer hulle naby Parys verbygegaan het.
Maar op Maandag 7 Junie het haar uurglas leeggeloop toe sy in die ouderdom van 78 jaar oorlede is. Hoewel Elsa positief getoets het vir Covid-19, is sy uiteindelik aan nierversaking oorlede.
Sy het in haar lewe twee maal kanker oorwin, en is haar een nier begin 2020 verwyder weens die kanker. Tog het sy voluit geleef tot die einde, en het dikwels gesê hoe sy verlang om weer te gaan kamp. Elsa en haar man, wyle Arend Keulder, was entoesiastiese karavaan kampeerders wat lief was vir die buite lewe. Arend is in 2007 aan kanker oorlede.
Hulle het destyds met hul troue in 1960 hulle hier in Parys gevestig waar Arend ook grootgeword het. Syself het in Virginia grootgeword. Elsa se heengaan laat ’n groot leemte nie net vir haar familie nie, maar ook in die gemeenskap van Parys, en by die NG gemeente Parys-Oos, waar sy baie nou betrokke was. Haar plekkie Sondae in die banke agter die orrel is leeg, haar suiwer stem stil, maar dit was ’n voorreg om ’n raakvat vrou, soos Elsa te kon ken.
Elsa word oorleef deur haar kinders, Roelf, Arend en Martin, haar nege kleinkinders en drie agterkleinkinders, ‘n broer en twee susters, Die roudiens was Saterdag





