News

Familiekuier en baie pret saam met SAWV by Udolpho

Familiekuier en baie pret saam met SAWV by Udolpho

Die SA Weermagvereniging (SAWV) hou van 25 tot 27 Maart in samewerking met FAK Udolpho Rivierplaas, ‘n Kaplyn Kuier-naweek by Udolpho Rivierplaas, waar die hele familie dit saam kan geniet. Die naweek begin die Vrydagaand met ‘n Bok van Blerk konsert en kaartjies is beskikbaar by Parys Info (056) 811 4000 of by Udolpho by Okkie, 071 478 8816.

Die Saterdag beloof ‘n dag vol pret te wees met ‘n ontbyt wat tradisioneel Ops “Kolgans” genoem word en daar is 60 sitplekke beskikbaar teen R50 per persoon. Jy kan jou ete by Andre by 082 565 6423 bespreek. Daarna kom almal bymekaar om na ‘n aanbieding van die SAWV voorsitter en stigterslid, Johann du Preez, te luister wat gaan vertel hoekom die SAWV gestig is, wat die doel is van die organisasie, en hoekom jy nie anders kan as om óf as veteraan, óf as ondersteunerslid aan te sluit, en ‘n verskil in jou gemeenskap te maak nie.

Die grootste pret van die dag gaan waarskynlik Ops “Jagarend” wees. Hierdie is een van die projekte/aktiwiteite wat soos al die ander SAWV projekte, voëlname dra. Met Ops “Jagarend” skryf spanne van vyf lede in om deel te neem aan kettieskiet, “handgranaat” gooi en ‘n 2,4 km stap. Die 2,4 km is gelukkig nie soos van ouds “Tree aan met Staaldak Webbing en Geweer” nie. Trek lekker lig aan en kom neem deel aan die pret.

Spanne kompeteer teen mekaar en daar is lekker pryse om te wen. Spanne skryf in by Henry by 072 369 2611, of Lize by 071 672 3185.

Daarna kan almal wat belangstel na oud-kolonel Jan Malan luister as hy vertel van Ops “Hooper”, die geveg op Cuito Canuavale in Angola.

Jan was ‘n bevelvoerder in hierdie operasie en deel sy eie ondervindings en gevoelens met foto’s en feitelike inligting oor wat daar gebeur het.

Daar word die res van die middag saam gekuier deur na verskillende opkomende gaskunstenaars te luister, en sommer net saam met die kinders en vriende tot laat te kuier. Daar is beslis ‘n paar ander verrassings beplan vir die dag, maar jy sal daar moet wees om deel te wees van die sports!

Sondagoggend lewer die nasionale kapelaan van die SA Weermagvereniging ‘n dankdiens-boodskap wat ook op ‘livestream’ beskikbaar sal wees op Facebook. Die naweek beloof om groot pret te wees en vriende, kollegas en familie bymekaar te bring op ‘n gesellige, maar produktiewe manier. Skakel gerus Parys Info by (056) 811 4000 vir meer inligting. Die SAWV is ‘n nie-winsgewende organisasie wat homself beywer om in die belang van Militêre Veterane op te tree. Die FAK is ‘n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ‘n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en Afrikanergeskiedenis bevorder.

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button