NewsSport

Spar Women’s Virtual Challenge – só kan Parysenaars ook deelneem

Parysenaars kan ook nou by Parys Spar hul Spar Women’s Virtual Challenge deelname pakkie kry teen R120 vir Saterdag se uitdaging wanneer deelnemers van oraloor die wedloop sal aanpak net waar hulle is. Die pakkies sal reeds  Donderdag 1 September by Spar wees –  maar jy kan sommer nou al joune gaan betaal en bespreek …

Parysenaars kan ook nou by Parys Spar hul Spar Women’s Virtual Challenge deelname pakkie kry teen R120 vir Saterdag se uitdaging wanneer deelnemers van oraloor die wedloop sal aanpak net waar hulle is. Die pakkies sal reeds  Donderdag 1 September by Spar wees –  maar jy kan sommer nou al joune gaan betaal en bespreek gesels met Annelise.
Die Spar Women’s Challenge het eintlik begin as ’n geleentheid om vroue van alle ouderdome bymekaar te kry, en sommer gou het die wedloop in gewildheid gegroei. Of jy nou wil hardloop, draf of stap teen jou eie pas, waar jy ookal is, neem deel op 3 September – jy het tyd van 06:00 tot 18:00. Vanjaar is die tema # I Rise.

Hoekom nie die geleentheid gebruik om ook die uitdaging aan te pak en jou eie fiksheid te toets deur 10km te stap of te draf, of 5km te stap of te draf, enige tyd binne die gegewe tydsgleuf. Jy kan selfs van Saterdagoggend se parkrun geleentheid gebruik maak om daar jou afstand te voltooi. Komaan neem deel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button