Kyk wat is by Vanderbijl-substasies gedoen
AfriForum se Vanderbijlpark-tak het ses substasies, oor ’n tydperk van drie weke, saam met Sekuriteit Sonder Grense beveilig deur alarmstelsels te installeer wat deur Sekuriteit Sonder Grense gemonitor gaan word. Dié besluit om alarmstelsels by hierdie substasies te laat installeer het gekom nadat daar verskeie kere by hierdie substasies ingebreek en kabels gesteel is. Dít …


AfriForum se Vanderbijlpark-tak het ses substasies, oor ’n tydperk van drie weke, saam met Sekuriteit Sonder Grense beveilig deur alarmstelsels te installeer wat deur Sekuriteit Sonder Grense gemonitor gaan word.
Dié besluit om alarmstelsels by hierdie substasies te laat installeer het gekom nadat daar verskeie kere by hierdie substasies ingebreek en kabels gesteel is. Dít het veroorsaak dat die gemeenskap van Vanderbijlpark, net soos wat dikwels in Parys die geval is wanneer daar vandalisme en diefstal by die substasies en van die oorhoofse kraglyne is, soms vir dae lank sonder krag klaargekom moet word
“Hierdie ses substasies is saam met verskeie rolspelers geïdentifiseer,”” het Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, gesê.





