News

Kyk saam na foto’s van ons geveerde vriende deur die lens van ‘n bobaas-fotograaf

Sanita Kemp is een van ons plaaslike bobaas voël-fotograwe en het al talle plekke besoek om haar besondere foto’s te neem. Donderdag, 29 September sal Sanita verskeie van haar foto’s tydens die Feathers-voëlklub-byeenkoms kom deel. Almal wat belangstel in ons voëlskat is welkom om die geleentheid om 18:30 in Sally Martin Park se saal by …

Sanita Kemp is een van ons plaaslike bobaas voël-fotograwe en het al talle plekke besoek om haar besondere foto’s te neem.
Donderdag, 29 September sal Sanita verskeie van haar foto’s tydens die Feathers-voëlklub-byeenkoms kom deel. Almal wat belangstel in ons voëlskat is welkom om die geleentheid om 18:30 in Sally Martin Park se saal by te woon.
Tydens Feathers se besoek aan Vaal de Grace Nature Estate aan die einde van Augustus, is 33 voëlspesies aangeteken wat die totaal vir die hele Vaal de Grace na 88 opskuif. Dit het weer ‘n paar spesies ingesluit wat nog nie tevore daar gesien is nie.
Vir Saterdag, 1 Oktober word ‘n uitstappie in die omgewing van Vredefort na die plaas waar die Boepensie-padstal is, beplan. Die klub het die dam agter Boepensie ‘n paar jaar gelede besoek, maar nou kry voëlliefhebbers die geleentheid om meer damme op die plaas te besoek. En daar is natuurlik ook die ander voëls in die omgewing. Dit behoort ‘n interessante uitstappie te wees. Meer inligting hieroor sal tydens die September-byeenkoms gegee word. Belangstellendes sal om 06:30 vanaf Pick n Pay se parkeerterrein vertrek. Bring net jou piekniekmandjie, verkyker, ‘n stoel en voëlboek saam. Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306 of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button