Local news

VLU vroue die kuns van Macramé gewys

Onthou jy hoef nie deel te wees van die VLU om die maandelikse byeenkomste by te woon nie. 'n Verskeidenheid aktuele onderwerpe word bespreek, en nuttige wenke en idees gedeel wat jou dalk kan inspireer om 'n nuwe stokperdjie of handvaardigheid te leer.

Vroue van die plaaslike Vroue Landbou Unie (VLU) tak het 4 April oor blymoedigheid en dankbaarheid gesels. Engela Greeff was die spreker. Sy het verwys na Habakuk 3:19, en die vroue aangemoedig om dankbaar en ingesteld op die lewe te leef.

Heidi Coetzee het die oggend ook ‘n demonstrasie kom gee van die pragtige artikels wat met Macramé gemaak kan word. Een van die handwerk-artikels wat die VLU vroue vanjaar sal maak, is Macramé, en is baie by Heidi geleer.

Heidi Coetzee het ‘n demonstrasie gegee van die prag artikels wat met Macramé gemaak kan word.

Die volgende VLU vergadering is 2 Mei. Kom kuier saam en luister na die interessante gesprekke, demonstrasies en wenke wat hier gedeel word.

As jy die volgende byeenkoms wil bywoon, skakel Bernadet van der Ende by 082 474 0304, of Annatjie Dreyer 082 464 0204.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button