Local news

Op 70 nog jonk genoeg om die ringe oor die net te laat sing

Parys se ringtennisklubspelers het nie net uitstekend gevaar by die 53ste SA Ringtennis-toernooi nie, maar ook kon spog met van die oudste spelers by die toernooi.

Spelers van Parys-ringtennisklub het die afgelope naweek vir Sedibeng die ringe oor die net laat sing by die 53ste SA Ringtennis-toernooi wat in Alberton gespeel is. Die Sedibeng B-span kon aan die einde van die toernooi met ‘n derde plek wegstap, met die Parysenaars, Adriaan Lewies, Lené van der Merwe, Braidon Barnardo en Monya Siragopoulos wat hul plek op die baan volgestaan het vir die span.

Adriaan en Lené is ook ingesluit in die SA o.16-ringtennisspan, met Adriaan wat kaptein van die span is. Braidon en Monya is as reserwes in die SA o.16-span ingesluit.

Johan en Esther het die naweek vir Sedibeng se A2 veterane gespeel wat vyfde geëindig het in die A-afdeling.
Johan is ingesluit in die SA veterane-span, en Esther as reserwe vir die SA uitnodigingspan.

Beide was die oudste spelers by die toernooi. ‘n Besonder groot prestasie vir die 71-jarige Johan, en 70-jarige Esther.
Esther is ook spanbestuurder vir die SA o.16-span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button