News

Agtien voornemende skrywers kom leer by bekroonde joernalis en skrywer

"Stories en lewensdramas vind mens oral om jou. Jy moet 'n oor en oog daarvoor ontwikkel en nooit wegskram van emosie nie."

Agtien liefhebbers van die geskrewe woord is die afgelope naweek geïnspireer met praktiese skryfwenke deur bekroonde skrywer en joernalis, Carla van der Spuy, tydens die ATKV-tak Vredefort Koepel se Herfs-skryfwerkswinkel wat by Gentle Breeze Retreat in Parys aangebied is.

Watter interessante groep mense was die groep voornemende skrywers nie! Die plaas ATKV-tak se stoutste verwagtinge is oortref met die inskrywings wat ontvang is. Daar was afgetrede ingenieurs, onderwyseresse en ‘n predikant – ook ‘n prokureur en ‘n joernalis. Selfs twee afgetrede politici. Gewis ‘n kleurryke groep. Nege mans en nege vroue het ingeskryf, met Gauteng, Noordwes en die Vrystaat wat verteenwoordig was.

Die joernalis en skrywer Carla van der Spuy saam met dr. Pieter Mulder (links) wat die ATKV-tak Vredefort Koepel se Herfs skryfwerkswinkel Saterdag in Parys bygewoon het. Regs is Marko van den Berg, streekbestuurder van die ATKV in Noord-wes, die Kalahari en Namibië.

Baie gemaklik en ontspanne het Carla die groep deur die proses geneem. Eers in die algemeen oor die skryf van ‘n berig. ‘n Baie goeie beginpunt vir enige voornemende skrywer…die skryf van berigte vir koerante, en artikels vir tydskrifte.

Sy het veral die belangrikheid benadrauk om bronne korrek aan te haal, en gesê dat plaaslike koerante en radiostasies baie geleentheid bied tot stories en inligting.

“Stories en lewensdramas vind mens oral om jou. Jy moet ‘n oor en oog daarvoor ontwikkel en nooit wegskram van emosie nie.”
Skryf briewe. Skryf vir LitNet. Skryf. Skryf. Dit bly die beste manier. Luister hoe mense praat. Skryf soos jy praat. Gebruik humor. Skep karakters wat eg is. Laat jou karakters wys en praat, en moenie beskryf nie. Skrywers word nie ryk nie. Hulle skryf omdat hulle nie anders kan nie. En as jy ‘n manuskrip voorlê, moet jy geduld en deursettingsvermoë hê, was haar raad.

Carla het verskeie voorbeelde gelees om te illustreer wat sy bedoel met “showing not telling”. Daar is gesels oor rubrieke, kortverhale en kinderboeke. Aanlasstories is geskep en mekaar beskryf sodat ander kon raai wie beskryf word. Tussendeur is baie gelag vir mekaar se opmerkings, en heerlik gesmul aan sop en varsgebakte brood.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button