Local news
Man en twee kinders verdrink in dam
Volgens NW polisiewoordvoerder, Kol. Adele Myburgh, is die polisie sedert Saterdag elke dag op die toneel om te kyk of hulle die liggame kan opspoor.
Polisieduikers is steeds op soek na die liggame van ‘n man en twee kinders wat verlede Saterdag, 13 Mei, in ‘n dam verdrink het.
Die dam is op die Potchefstroom pad in die rigting van Vanderbiljpark. Dit is omtrent so 4 kilometer na die afdraai op die Potchefstroompad vanaf die R53 (Paryspad).
Die man en twee kinders het na bewering vis gaan vang op ‘n kano en toe in die moeilikheid beland.
Volgens NW polisiewoordvoerder, Kol. Adele Myburgh, is die polisie sedert Saterdag elke dag op die toneel om te kyk of hulle die liggame kan opspoor.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!