Sterrekyk by Deelfontein die naweek
Die Vredefort Koepel bied die ideale sterrekyk omstandighede

Komende Saterdag word daar weer ´n sterrekykuitstappie by die sterrewag op Deelfontein in
die Koepel aangebied. Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van
Suid-Afrika lei die aanbieding.
Dit begin op Saterdagaand 15 Julie om 19:00 uur, en sal
tussen 21:00 en 22:00 uur eindig. Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n
mussie. Deelname kos R100 per persoon, wat asb. in kontant direk aan die aanbieder betaal
moet word. Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon.
Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein
Guest Farm op Google Maps. Bespreek asseblief vooraf by 083 280 9784 of
gerhard@deelfontein.co.za.
Deelnemers is welkom om reeds vanaf 17:00 met ´n piekniekmandjie op te daag en aandete op die perseel te geniet.



