Local newsNewsSport

Groot rugby die naweek in Parys

Al die wedstryde van die rugbyweek word deur uitgesoekte Valke-skeidsregters hanteer. Die wedstryde sal ook regstreek deur Super Sport Schools uitgesaai word. 

Die Parys Namgola Sportweek word die week van Vrydag 22 Maart tot Maandag 25 Maart aangebied en beloof uitstaande rugby- en netbalwedstryde wat hier gesien gaan word met spelers van nie minder nie as 20 skole wat hier bymekaar  kom. Dit is ‘n enorme finansiële inspuiting vir die dorp se ekonomie, maar ook vir plattelandse rugby.

Wedstryde sal die Vrydag (22 Maart) en Saterdag 23 Maart) om 09:00 begin en eindig die program op die twee dae om 21:00.

Maandag 25 Maart se program begin reeds 08:00 en eindig 14:00.

Altesaam 30 rugbywedstryde en 27 netbalwedstryde sal op die Hoërskool Parys se sportterrein gespeel word.

Dit is ‘n uitstekende geleentheid om hierdie seuns en dogters te kom ondersteun en te sien watter talent daar onder hierdie jong spelers is. Die week het oor jare sedert dit die eerste keer in 2014 aangebied is, bewys hoeveel baat spelers vind by die afronding en vaardigheidsontwikkeling voor die aanvang van die rugby- en netbalseisoen.

Skole wat vanjaar deelneem sluit in New Horizon College Bethlehem, Kempton Panorama, New Horizon College Harrismith, Riebeeckstad, President Steyn, Heilbron, Ladybrand, Reddersburg, Zeerust, HTS Carel de Wet, Brandfort, Bothaville, Hoopstad, Balfour, Die Ankerskool, Sasolburg Hoër, Parys, Retief, Zastron en Morgenzon.

Al die wedstryde van die rugbyweek word deur uitgesoekte Valke-skeidsregters hanteer. Die wedstryde sal ook regstreek deur Super Sport Schools uitgesaai word.

Toegang kos R20 per volwassene per dag, en R10 vir skoliere per dag. Daar sal ook ‘n verskeidenheid van verversings by die stalletjies op die terrein verkoop word.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button