Local newsNews

Nog onderskeidings vir Hoërskool Parys se 2023-matriekklas

Baie geluk aan elkeen van hierdie matrikulante

Na die hermerk van vraestelle spog van die matrikulante van Hoërskool Parys se 2023 matriekklas met nog ‘n paar welverdiende A’s.

Elandri Olwage behaal ‘n onderskeiding in Toerisme wat beteken dat sy nou in totaal 5 A-simbole het. Naas Toerisme het sy onderskeidings in Afrikaans  Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, en Wiskundige Geletterdheid.

Wilhelm Visser  (wat reeds ‘n onderskeiding in Lewensoriëntering het), en Shani Nortje spog nou ook met onderskeidings  in Engels Eerste Addisionele Taal.

Diaan Brink en Abigail Hendriks wat reeds hul onderskeidings in Lewensoriëntering het, spog ook nou met onderskeidings vir Afrikaans Huistaal.

Related Articles

 
Back to top button