‘n Lewensgenieter, rolmodel, merkwaardige vrou, bekwame sakevrou – altyd positief, wyd belese en ‘n omgee-mens. Dit is hoe Parysenaars Tineke Botha sal onthou wat op Vrydag, 5 April 2024 in die ouderdom van 89 jaar oorlede is. Sy het die afgelope 51 jaar in Parys gewoon.
Tineke is op 9 Januarie 1935 in Rotterdam, Nederland gebore. Gedurende die Tweede Wêreloorlog moes sy en haar gesin kort-kort in bomskuilings beskermng soek teen aanvalle. Sy het selfs ‘n ruk lank in Duitsland skool skoolgegaan.
Op 55-jarige leeftyd verwesenlik sy haar droom en begin haar eie besigheid. Mense sal haar onthou vir Hoëveld Huismark, later ook bekend as Reality-1 ELK. Gedurende dié tyd studeer sy verder en verwerf ‘n Diploma in Gevorderde Eiendomspraktyk aan die Universiteit van Johannesburg (Randse Afrikaanse Universiteit). In 1992 ontvang sy die toekenning as Parys se Sakevrou van die Jaar. Gedurende daardie tyd is sy ook baie betrokke by Parys Hospice waar sy as verpleegster en berader waardevolle werk doen.
Tineke se plekkie is leeg maar die herinneringe aan haar sal voortleef in die harte van Trudie, Danie, Johan, Freda, Danelle, Martine,, Tine-Mari, Adam, Ethan, Logan, Marike, Jordaan, Mienke, Jowan, Johan, Susan en Nieke.



