As die Comrades nie jou ding is nie, is hierdie marathon-uitdaging dalk net vir jou
Kom wikkel die vingers deurnag vir winterwarmte
As jy nie jou voetwerk betyds reg het vir vanjaar se Comrades nie, kry jou vingers fiks vir dié uitdaging. ‘n Vier en twintig uur hekelmarathon wanneer die gare deurnag oor die hekelpenne sal gly vir winterwarmte vir ander.
Kom kuier die winterkoue weg en kom hekel saam. As jy nie kan hekel nie, maar kan brei, is jy net so welkom.
Loer in by Anna Patat in Parys se hoofstraat op Vrydag 26 April om 12:00 en kom hekel of brei saam deurnag tot Saterdag 27 April om 12:00.
Vanjaar word daar hande gevat met Yarn Den on Eden van Bloubergstrand, om 20cm x 20cm blokke te hekel/brei vir komberse.
Al wat jy nodig het is jou hekelpen of breinaalde, jou gare of wol, ‘n stoel, ‘n bordjie eetgoed om te deel, en ‘n omgeehart om ook dié winter ‘n verskil te maak.
En vir net R20 per persoon is daar ‘n bodemlose koppie koffie of tee wat vir jou wag.
Gesels met Erika by 076 358 3799 as jou vingers fiks genoeg is vir dié marathon-uitdaging.



