Local newsNews

SAWV-lede kuier saam om die ontbyttafel

Die SAWV is oop vir oudsoldate, en veteraan Staandemag- en Burgermaglede, kommandolede, hulpdiens, nasionale dienspligtiges, lede van die Leer, Lugmag, Vloot en Geneeskundige dienste. Die vereniging beid verskeie voordele aan sy lede.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) se Eenheid Koepel in Parys, het Saterdag saam om die ontbyttafel gekuier. By die geleentheid bekend as Ops Kolgans, is lapelwapens oorhandig ter erkenning van diensjare van lede. Die gesellige saamkuier is gehou by die 1919 Restaurant on Vaal.

Die SAWV is oop vir oudsoldate, en veteraan Staandemag- en Burgermaglede, kommandolede, hulpdiens, nasionale dienspligtiges, lede van die Leer, Lugmag, Vloot en Geneeskundige dienste. Die vereniging beid verskeie voordele aan sy lede.

Die bestuurslede van die SAWV se Eenheid Koepel is van links:kapelaan Johnny Burger., Jan Venter (mediaverteenwoordiger) en Hennie Stander (eenheidsvoorsitter).

Eenheid Koepel, is twee jaar gelede gestig en het tans dertig lede. Volgens die eenheid se mediaverteenwoordiger, Jan Venter, is die SAWV se doelstellings op vier pilare gebou – ondersteuning, erkenning, herdenking en gemeenskapsprojekte.

Die organisasie is in 2009 deur die voormalige hoof van die SA Weermag gestig. Die SAWV fasiliteer sy lede met die proses om te registreer op die Departement van Militêre Veterane se databasis, sodat hulle daarna kan aansoek doen vir die voordele soos voorsien deur die Militêre Veterane Wet 2011 (Wet no 18 van 2011).

SAWV lede kuier gesellig saam om die ontbyttafel.

Lede betaal ‘n R200 lidmaatskapfooi per jaar. Behalwe vir lede wat in die Weermag gedien het, kan enige lid van die publiek ook aansluit. Die vrouens, kinders en enige persoon wat hul waardes en standaarde ondersteun is dus welkom

Die organisasie is A-polities en werk nou saam met kerke en welsynsorganisasies om ‘n verkil in mense se lewens te maak.

Vir navrae oor die SAWV se Eenheid Koepel, kan die eenheidvoorsitter, Hennie Stander, geskakel word by 078 207 0593.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button