Local newsNews

Klein handjies se mussies vir klein mensies

Haar mussies pas oor 'n tennisbal wys sy - klein genoeg vir die klein mensies vir wie sy dit maak.

Tien mussies en vyf kombersies. Dit is die droom van die 11-jarige Miané Roux van Parys, wat met haar hekelpen fluks aan die werk is om op 17 November wanneer Wêreld Premature Dag gevier word, haar kleurvolle mussies vir prematuur-gebore babas by Vereeniging MediClinic te skenk.

Mia is self op 29 weke in Vereeniging MediClinic prematuur gebore en het by geboorte net 900g geweeg. Sy het destyds ook ‘n mussie by die hospitaal gekry, en vertel dat dié mussie veels te groot vir haar was. Haar ouma, Estelle het ook vir haar ‘n kombersie gehekel.

‘n Foto van Miané as baba waar sy op 29 weke prematuur gebore is.

Dit was juis ouma Estelle se hekelnaald wat die rede was dat die hekelgogga Mia gebyt het. Sommer gou het dié klein handjies geleer om die gare oor die hekelnaald te hak, en toe haar tannie Alta haar ‘n makliker manier gewys het, het Mia se hekelnaald spoed gekry. Kort voor lank het dié dogtertjie met die groot glimlag wat diep in jou hart kruip, ‘n mat, ‘n paar handsakke vir haar maats en selfs ‘n kopband gehekel.

Miané met die kleurvolle mussies en kombersie wat sy al gehekel het vir prematuur-gebore babas.

Mia vertel dat sy en mamma Chantal vyf jaar gelede by ‘n reünie vir premature babas was en sy toe gesien het hoe klein sy met geboorte was.
Hoewel sy lank aan hoë vloei suurstof gekoppel was, is sy vandag soos haar maats ‘n lewenslustige dogtertjie.

Haar mussies pas oor ‘n tennisbal wys sy – klein genoeg vir die klein mensies vir wie sy dit maak.

‘n Mussie vir ‘n prematuur gebore baba in vergelyking met die grootte van ‘n mussie vir ‘n voltermyn pasgebore baba.

Dit vat Mia ‘n halfuur om ‘n mussie te hekel, en elke mussie word met 100% katoengare gemaak wat sy by Anna Patat kry.As jy ook betrokke wil raak by die beanies4babies projek, gaan na https://www.facebook.com/Beanies-4-Babies-1720613504628229/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button