Entertainment
Wolmussies vir die winter
VEREENIGING. – Lede van die Lux Deo Arconpark Bybelstudiegroep het hard aan die werk gespring om mussies te maak voor die winter finaal sy kloue om ons het. Dié mussies is op 6 Mei aan inwoners van die Kakana Mental Care Centre in Homer uitgedeel. Saam met die lekker verrassing is daar ook heerlike kolwyntjies …
VEREENIGING. – Lede van die Lux Deo Arconpark Bybelstudiegroep het hard aan die werk gespring om mussies te maak voor die winter finaal sy kloue om ons het. Dié mussies is op 6 Mei aan inwoners van die Kakana Mental Care Centre in Homer uitgedeel. Saam met die lekker verrassing is daar ook heerlike kolwyntjies aan die inwoners uitgedeel. “Ons was verras oor die netjiese terrein en kamers en die pasiënte en personeel was baie opgewonde oor ons besoek,” sê Jannie Viljoen. Die pasiënte het hul dank betoon deur ‘n mooi lied te sing. “Ons groep het weer ’n kykie in ’n ander se lewe gekry en is opnuut dankbaar vir ons onverdiende seëninge,” sê Jannie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.