Entertainment

Album resensie: Hierdie is Van Coke se lewe

Die lewe gaan oor balans, om sin van jou lewe te maak en identiteit te skep. Die lewe is ook bekend vir sy teenpole: geluk en hartseer, donker en lig, eerste of laaste. Teenpole in die lewe is iets wat sterk op die voorgrond tree in Francois van Coke se tweede album, “Hierdie Is Die…

Die lewe gaan oor balans, om sin van jou lewe te maak en identiteit te skep. Die lewe is ook bekend vir sy teenpole: geluk en hartseer, donker en lig, eerste of laaste.

Teenpole in die lewe is iets wat sterk op die voorgrond tree in Francois van Coke se tweede album, “Hierdie Is Die Lewe” wat op Donderdag, 2 Februarie vrygestel is. Daar is altyd onsekerheid oor ‘n tweede album en of dit kers vashou met die eerste een, maar met “Hierdie Is Die Lewe” is daar geen twyfel nie.

Dit is ‘n meesterstuk wat oor en oor jou oordromme met plesier sal verskaf en nog beter is as Van Coke se eerste album, wat in opsig self ‘n uitstekende album is. Eerstens voel dit of Van Coke gemakliker is, en sy eie styl as solo-kunstenaar saam met sy band Die Gevaar (Jedd Kossew op kitaar, Richard Onraet op kitaar, Dolf Willemse op baskitaar en Sheldon Yoko op dromme) gekry het. Alles voel meer deel van ‘n eenheid en daar is op die nuwe album geen ander gaskunstenaars betrokke nie. Tweedens vertel hierdie album ‘n storie met klomp hoofstukke en gebeurtenisse van hede en verlede in outobiografiese styl – musiek uit Van Coke se eerlike perspektief van hoe hy die lewe ervaar.

Hier is ‘n snit vir snit oorsig van “Hierdie Is Die Lewe”

1. Mensdom

Hierdie is die eerste enkelsnit van die album en die rede hiervoor is duidelik. Dit het ‘n lekker vibe met ‘n ritmiese kitaarmelodie wat eenvoudig maar aansteeklik is. Dit sit op ʼn goeie manier in jou kop vas. Dit sal natuurlik ook een van Van Coke se live treffers word. Die “ooh ahh ahh” dele gee dit ook ‘n lekker saamsing effek.  Dolf Willemse se werk op die baskitaar moet hier geprys word, sowel as Jedd Kossew se kitaarsolo. Die lirieke is ook treffend en tekenend van die tyd waarin ons lewe en hoe die mensdom hulle tyd bestee “ons raak nie jonger nie,” sing Van Coke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button