Entertainment

Koop ’n kaartjie en bring die Messias na Vredefort

In die tyd tussen Paasfees en Pinkster bring die bekende oratorium, “Die Messias van Georg Frederic Handel”, die Christelike boodskap van verlossing oor alle grense en groeperinge heen.

Hierdie gewilde werk vir koor en orkes was uit die staanspoor ‘n treffer, toe die bekende Halleluja-koor destyds die Engelse koning tydens die eerste uitvoering uit sy slaap gewek en laat opspring het. Die werk word in hierdie tyd deur verskillende musiekgroepe in Johannesburg en Pretoria aangebied.
Die Messias word in Mei in verskillende konserte ook deur die Koepel Kunstesentrum aangebied en uitgevoer deur dieselfde kamerkoor en orkes wat in 2017 die Requiem van Mozart na Vredefort gebring het.
Die orkes word aangevoer deur die internasionaal bekende barokvioliste, Antoinette Lohmann, van Amsterdam.
Om hierdie werk ook in Vredefort te kan uitvoer, is ‘n gehoor van minstens 200 mense nodig. Die NG Kerk in Vredefort het reeds ’n reputasie vir gereelde konserte uit die boonste rakke wat groot gehore lok, en dit behoort nie moeilik te wees om met so ’n  gewilde werk die kerk te vul nie.
Bring die Messias na Vredefort en help om hoë-kwaliteit uitvoerings wat andersins net in die stede gehoor word, in die platteland aan te bied.
Kaartjies kan dadelik bespreek word by Gerhard Benade, verkieslik per e-pos aan gerhard@deelfontein.co.za, of andersins per SMS aan 083 280 9784.
Indien 200 kaartjies teen 30 April verkoop is, vind die konsert plaas. Persone wat wil help om kaartjies te verkoop, kwalifiseer met elke 10 verkoopte kaartjies vir een gratis kaartjie. Kontak Gerhard vir besonderhede.
* Die Messias word op 19 Mei om 18:30 deur die Ensemble Fons Partita in die NG Kerk Vredefort uitgevoer. Toegang is R100 per persoon. Inligting is beskikbaar op www.deelfontein.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button