Photo GalleriesSport
Parys-rolbalklub kroon sy gemengde viere kampioene
Parys-rolbalklub kroon sy gemengde viere kampioene

In een van die interessantste kompetisies die jaar het Dries Delport en sy span met die louere as die Parys-rolbalklub se gemengde viere kampioene weggestap. Die spanne wat Saterdag nog bo aan die punteleer was, het Sondag aan die onderkant van die punteleer klaargemaak. Dries Delport, Linda Fuhri en Madelein en Jaco Venter het egter deurgaans goeie rolbal gespeel. Wat veral die oog getref het was Jaco en Madelein Venter wat as nuwelinge puik rolbal gespeel het. Welgedaan en geluk aan die span!!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



