School
Graad 8 Patrysies lui uiteindelik die klok
Hulle sal weer oor 'n paar jaar voor hul graad 12 finale eksamen die klok lui simbolies van die einde van hul hoërskoolloopbaan.

Die graad 8 Patrysies van Hoërskool Parys is amptelik by die skool verwelkom met die gebruiklike klokseremie op 14 Februarie.
Die skoolhoof, mnr. Lucien van Zyl het die graad 8-leerders en hul ouers ook persoonlik verwelkom.
Daarna het Diaan Brink (VRL-president) en Megan Daniel (VRL-visepresident) elkeen ‘n spesiale boodskap vir die graad 8-leerders en hul ouers gehad.

Die graad 8’s het die Erekode voorgehou en moes ook die skoollied sing. Elke leerder het daarna die klok gelui as simbool van die begin van hul hoërskoolloopbaan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



