
Drie van Salomon Senekal Hoërskool in Viljoenskroon se atlete het van 2 tot 5 April as deel van die Vrystaat-span aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in Germiston deelgeneem en met silwermedaljes weggestap.
Marizelle Geyser was tweede in hamergooi do.15 (45.97 m), Johan Jordaan was tweede in spiesgooi so.19 (63,31 m), en Derek Groenewald tweede in hamergooi so.15 (55.53 m).
Al drie hierdie atlete het hul persoonlike beste afstand by die byeenkoms gegooi.
Die week vantevore het dié drie atlete ook aan die ASA Jeugbyeenkoms in Pietermaritzburg deelgeneem waar Marizelle en Derek ook ‘n tweede plek in hulle items behaal het, en Johan ‘n vierde plek.
Die skoolhoof, Benton Nortman, sê: “Ons is baie dankbaar vir ‘n goeie atletiekseisoen. Ek salueer elke atleet wat hierdie jaar hul bes gelewer het.”