Sport
Parys se vroue rolbalspelers meet kragte in NW Ope Pare
Die Noordwes mans en dames ope-pare finale uitspeelwedstryde is die naweek afgehandel. Parys se vroue spelers het baie goed gedoen, en het twee van die Parys dames-spanne in die finaal teen mekaar te staan gekom. Linda Fuhri en Toets van der Westhuizen het vir Lazuya Serfontein en Emmie Pelzer geklop, wat beteken dat Parys goud …
Die Noordwes mans en dames ope-pare finale uitspeelwedstryde is die naweek afgehandel.
Parys se vroue spelers het baie goed gedoen, en het twee van die Parys dames-spanne in die finaal teen mekaar te staan gekom.
Linda Fuhri en Toets van der Westhuizen het vir Lazuya Serfontein en Emmie Pelzer geklop, wat beteken dat Parys goud en silwer in die kragmeting verdien het.
Parys se mansspelers het beslis ook nie op hulle laat wag nie, en het Trevor Wright en Raymond Loubser Dinsdag brons in die Noordwes Veterane Pare-stryd gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



