Sport

Meesters presteer by SAMA-kampioenskappe

Atletiek is 'n groot sambreel wat onder meer baan- en veld, padhardloop, berghardloop, stap, en landloop insluit.

Drie meesters atlete van Parys Multisport het die Vrystaat-provinsie by die 46ste SAMA baan- en veld nasionale kampioenskappe verteenwoordig wat van 4 tot 7 Mei by Groenpunt-stadion in Kaapstad gehou is.

Reandi Bronkhorst het aan die Vroue 30-34 jaar kategorie deelgeneem en behaal ‘n derde plek (brons) in die 100 m naellope met ‘n tyd van 13.54 sekondes. Sy verwerf ook ‘n tweede plek (silwer) in die 200 m naellope met ‘n tyd van 28.11 sekondes. Hierbenewens ontvang sy die nasionale medalje standaard in beide haar items.

Eddie Bronkhorst het aan die Mans 40-44 jaar kategorie deelgeneem en behaal ‘n vier- de plek in die 200 m naellope met ‘n persoonlike beste tyd van 25.25 sekondes. Hy behaal ook ‘n tweede plek (silwer) vir die verspring met ‘n persoonlike beste afstand van 4.92 m.
Pierre Fourie het aan die Mans 45-49 jaar kategorie deelgeneem, en behaal ‘n vyfde plek in die 200 m naellope met ‘n tyd van 26.00 sekondes, asook ‘n derde plek (brons) in die 100 m naellope met ‘n tyd van 12.52 sekondes. Pierre het soos Reandi ook die nasionale medalje standaard in beide sy items behaal.

“Ons is bevoorreg om aan atletiek te kan deelneem. As atlete wil ons graag presteer, maar net om hier te kan wees is reeds ‘n groot prestasie en voorreg,” sê Reandi.

“Die mooie Kaap het ons verras met perfekte weer, en die stadion met Tafelberg in die agtergrond het ons deurlopend daaraan herinner dat ons die hoogste vlak van deelname in Suid-Afrika bereik het hierdie seisoen,” sê Pierre. “Harde werk, toewyding, en baie genade van bo het ons tot hier gebring. Die vlak van deelname was soos verwag baie hoog. Ons het as atlete en span goed presteer en ek sien uit na die volgende seisoen, het Pierre na die kampioenskappe gesê.

Meesters baan- en veld-atletiek toon bestendige groei, en die aantal meestersatlete in ons gemeenskap wat terugkeer baan toe is op gelyke voet met dit wat gesien word by pad- en berghardloop.

Atletiek is ‘n groot sambreel wat onder meer baan- en veld, padhardloop, berghardloop, stap, en landloop insluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button