Sport

Drie en veertig medaljes vir klub se gimnaste na VS kampioenskappe

Baie geluk aan hierdie gimnaste

Die 21 gimaste van Parys 20 Four 7 Trampolien-klub wat op 26 Augustus aan die Vrystaat Provinsiale Trampolien-kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem het, spog met altesaam 43 medaljes wat hulle by dié kampioenskappe verower het. Dit sluit in 25 goue, 14 silwer en 3 bronsmedaljes.

Vyf van die klub se gimnaste het ook gekwalifiseer vir rovinsiale kleure, en sal gedurende die Oktober-vakansie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Pretoria deelneem.

Die ander 16 gimnaste het gekwalifiseer om deel te neem aan die Junior SA-kampioenskappe wat ook in Oktober vanjaar gehou word.

Nog een van die klub se gimnaste, Gerhard van Niekerk, sal in November aan die 2023 FIG Wêreld trampolien-kamioenskappe in Birmingham, Brittanje sal deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button