Sport

Drie en veertig medaljes vir klub se gimnaste na VS kampioenskappe

Baie geluk aan hierdie gimnaste

Die 21 gimaste van Parys 20 Four 7 Trampolien-klub wat op 26 Augustus aan die Vrystaat Provinsiale Trampolien-kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem het, spog met altesaam 43 medaljes wat hulle by dié kampioenskappe verower het. Dit sluit in 25 goue, 14 silwer en 3 bronsmedaljes.

Vyf van die klub se gimnaste het ook gekwalifiseer vir rovinsiale kleure, en sal gedurende die Oktober-vakansie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Pretoria deelneem.

Die ander 16 gimnaste het gekwalifiseer om deel te neem aan die Junior SA-kampioenskappe wat ook in Oktober vanjaar gehou word.

Nog een van die klub se gimnaste, Gerhard van Niekerk, sal in November aan die 2023 FIG Wêreld trampolien-kamioenskappe in Birmingham, Brittanje sal deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button