
Dankie aan die Viljoenskroon buurtwag en lede van die gemeenskap wat gehelp het om seker te maak dat padtekens duideliker is om motoriste te waarsku dat die R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon gesluit is.
Daar is nou borde en dromme wat duidelik aandui dat die pad gesluit is nadat vroeëre padtekens wat motoriste gemaan het om stadiger hier te ry groot verwarring veroorsaak het en mense nie geweet het dat die gedeelte van die R59 tydelik gesluit is weens die baie water oor die pad.
Twee vragmotors het kort na die sluiting van die pad Woensdagaand in die water beland, maar kon die vragmotorbestuurders deur nooddienswerkers na veiligheid gehelp word.
Die foto’s is geneem toe die vragmotors Donderdag 22 Desember uit die water gehaal moes word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.