Local news

Amper ‘n halfdosyn 6’e vir Hoërskool Parys se 2022-matriekklas

Ons is trots op ons matrikulante

Hoërskool Parys se matriekklas van 2022  spog met vier leerders wat elk 6 vakonderskeidings in hul matriekeindeksamen behaal het. Die leerders is Juan du Preez, Anné Krüger, Brigitte van der Hoven en Kaylyn Vertenten. Anné was ook die 2022 Dux-leerder van die skool.

Lilly Meyer het 3 A-simbole behaal.

Heel voor is Juan du Preez (6 vaknonderskeidings), Lilly Meyer (3 vakondereskeidings) en Anné Krüger (6 vakonderskeidings)
Kaylyn Vertenten spog met 6 vakonderskeidings
Brigitte van der Hoven het 6 vakonderskeidings behaal
Anné Krüger wat ook die skool se Dux-leerder vir 2022 was, het 6 vakonderskeidings.
Juan du Preez spog met 6 vakonderskeidings.

Die skool se 2022-matriekklas het ‘n 92,8% slaagsyfer, waarvan 72% hul Baccalaureus-vrystelling ontvang het, en 21,1% Diploma-vrystelling.

‘n Totaal van 61 vakonderskeidings is deur die matriekgroep behaal.

Matrikulante regoor die land het vanoggend, Vrydag 20 Januarie hul eindeksamen resultate ontvang en spog die Vrystaat se matrikulante met ‘n 88,5% slaagsyfer wat die hoogste in die land is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button