‘n Hand en ‘n stuk van ‘n arm wat vroeër vandag, Sondag 19 Februarie by Grewarlaan in Parys in die Vaalrivier opgemerk is, was toe al die tyd dié van ‘n beeld wat van ‘n huis in Fickstraat deur die Vaalrivier se vloedwater meegesleur is en toe uiteindelik hier by Grewarlaan uit die water gehaal is.
Nadat die oproep ontvang is dat ‘n liggaam moontlik in die water opgemerk is, is blitsig op die oproep gereageer, en was die verligting groot toe gesien is dat dit in der waarheid ‘n beeld was.
Die foto van die drywende asblik is geneem op die brug oor die Vaalrivier by Egweni River Lodge.
Wanneer jy wel ‘n ligaam of iemand in nood in die rivier sou opmerk, moet jy:
- Dit onmiddellik aan die SAPD rapporteer
- Gee ‘n duidelik aanduiding van wanneer, hoe laat en waar jy dit gesien het met ‘n ‘pin location’ waar moontlik.
- ‘n Beskrywing van die klere van die persoon wat jy gesien het
- ‘n Foto of video van wat jy gesien het kan ook die polisie en reddingswerkers help.
Onthou dat daar nou baie opdrifselfs, bome, takke en selfs meubels en asblikke met die vloedwater meegesleur word.