Local news
Opdatering: Vloedwater oor hierdie roetes en brue
Moet asseblief nie die krag van water onderskat nie en slaan ag op waarskuwings.

Daar is tans steeds 12 sluise oop by Vaaldam, riviere en spruite loop sterk, en verskeie laagwaterbrue en paaie is steeds onder water.
Die situasie word deurentyd deur nooddienste gemonitor wat op gereedheidsgrondslag is.
Let asseblief op die volgende roetes en brue wat onder water is
- Hoewel die R53 by die ingang na Potchefstroom vanaf Parys oop was vir verkeer vandag, Maandag 20 Februarie, is daar steeds massas water langs die pad.
- Die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel is gesluit vir verkeer.
- Die R34 – 10km buite Kroonstad in die rigting van Edenville is onder water
- R76 tussen Kroonstad en Viljoenskroon is onder water
- R59 buite Viljoenskroon is steeds onder water
- R30 aan Vrystaat-kant, Viljoenskroon-omgewing heeltemal onder water.
- S171 Vaal Eden-pad
- Water oor die pad tussen Reitz en Tweeling is ook gerapporteer
- Gedeelte van R500 tussen Fochville en Parys
- R42 brug op die Lindequedrift-pad tussen die N1 en Vanderbijlpark is onder water.
- Brug by Rietspruit op ou Vereeniging/potcfefstroompad weggespoel
- Die staal toegangsbrug by die Vaal de Grace-gholflandgoed buite Parys is onder water en ontoeganklik vir verkeer. So ook die Parys Golf & Country Estate laagwaterbrug in Parys wat heeltemal onder water is.
- Wees baie versigtig vir slaggate op die R59 tussen Sasolburg en Parys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.