
Die plan is dat die 12 sluise wat tans by Vaaldam oop is, steeds vandag, Donderdag 23 Februarie oop sal bly. Invloei by die dam is steeds minder as die uitvloei. Die invloei meet tans teen 1 613 kubieke meter per sekonde en die uitvloei teen 2465 kubieke meter per sekonde.
Bloemhofdam is nou 113,7% vol met uitvloei teen 3808,9 kubieke meter per sekonde.
By die Schoemansdrift-laagwaterbrug in die Vredefort Koepel meet die Vaalrivier se watervlak nou 4,669 met vloei teen 3 087 kubieke meter per sekonde soos by dié laagwaterbrug gemeet. Die brug is steeds onder water en nie toeganklik vir verkeer nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.