Local news

Vloedwater: Plan gemaak om pad te maak

Vyf en dertig mense onder wie 'n swanger vrou wat sedert Saterdagaand by The Nutcracker Country Venue in die Vredefort Koepel gestrand was nadat vloedwater oor die pad na die oord gestroom het, is Maandag deur boere en vrywilligers gehelp om veilig te kon uitkom.

Die bruidspaar, Zak en Lisle Ciaglia van Meyerton, en  hul gaste asook personeel van die oord was nie in gevaar nie, maar vloedwater het verhinder dat mense die pad na die oord teen laat Saterdagmiddag 18 Februarie, kon gebruik.
Volgens Henning Volsloo het hy en sy vrou, Elmarie, saam met boere en vrywilligers in die omgewing, Maandag gehelp om van weerskante ‘n pad oor die berg oop te sny wat oor die gronde van Hakuna Matata, private eiendom en The Nutcracker loop. Die pad is vroeër gebruik as ‘n roete vir vierwielmotorfietse en is later as voetpad gebruik, sê hy.
Toe die pad uiteindelik rybaar was het ‘n konvooi van voertuie saam vanaf The Nutcracker na Kommandonek beweeg vanwaar hulle huiswaarts kon keer.

Die groep voor hul vertrek op die roete wat danksy vrywilligers rybaar gemaak is vir die voertuie wat in konvooi hier sou beweeg. Foto’s: Elmarie Vosloo.

Die voertuie beweeg in konvooi op die pad wat oor die berg oopgesny is. Foto: Elmarie Vosloo

Dankie aan hierdie groep vrywilligers, Henning en Elmarie Vosloo, werkers van Anna van der Merwe, Koos Nortje en sy skoonseun, Hennie, en hul werkers, Peet Koekemoer en werkers, Grant van The Nutcracker en ‘n werker, Stephan du Toit se werkers, Wally en Tinus van Biljon en hul werkers, en Christo van Hakuna Matata en sy werkers.

Die bruidspaar het ook net die hoogste lof vir die bestuur en personeel van The Nutcraker gehad wat uit hul pad gegaan het om die ekstra myl te loop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button