Kinders, kleinkinders en agterkleinkinders daar vir 80 jaar mylpaal
Baie geluk aan dié Parysenaar

Vir Dave Saunders van Parys kon daar kwalik ‘n groter verjaardagverrassing wees as toe hy Saterdag al sy kinders, skoonkinders, kleinkinders, agterkleinkinders, familie en vriende om hom kon hê vir sy 80ste verjaardagpartytjie. Hy verjaar vandag, 2 Mei, vier.
Selfs sy broers- en susterskinders wat hom 40 jaar laas gesien het, het gekom om hom te verras.

Foto’s is geneem, herinneringe gedeel en nuwe herinneringe gemaak.
“Ons Pa is altyd daar, deur dik en dun. Mag Pa se 80ste ‘n mylpaal wees, en weet dat liefde, geloof en hoop jou elke dag sal seën op jou pad vorentoe,” was die wense van sy vrou, Martha, sy 5 kinders en skoonkinders, 9 kleinkinders en skoon-kleinkinders, en 4 agterkleinkinders.





