Local news

Na die lang wag kan sy weer sien

Selfs 'n eenvoudige taak soos om water in 'n bottel te gooi was vir haar onmoontlik.

Vir die 79-jarige Maria Tom van Tumahole kon daar kwalik ‘n blyer dag wees as Saterdag 20 Mei. Na jare se wag kan sy uiteindelik weer sien danksy die katarakmarathon wat die naweek by die Parys Distrik-hospitaal gehou is.

Maria vertel dat sy baie dinge nie meer kon doen nie ,omdat sy nie kon sien nie.

Selfs ‘n eenvoudige taak soos om water in ‘n bottel te gooi was vir haar onmoontlik.

‘n Katarak op haar linkeroog is in 2013 verwyder.

In 2021 is sy Kroonstad toe vir ‘n evaluasie van haar regteroog, maar weens Covid kon die operasie nie gedoen word nie.

Daarna het sy gehoor dat die span in September 2022 sou kom, maar weer
moes sy wag. Vir haar was die lang wag sonder twyfel die moeite werd, sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button