Local news

Landskapfotografie uit ‘n droom

Hy het die werkswinkel maklik gemaak om te versteen.

Kyle Goetsch, ‘n Astro en Landskap fotograaf van Kaapstad, het verlede week verskeie fotografieklasse oor Astro-fotografie tydens die PSSA kongres by Woodlands Country Lodge net buite Parys aangebied.

Nie net het hy dit maklik gemaak om te verstaan nie, maar het hy ook stap-vir-stap gewys en verduidelik hoe ‘n mens dieselfde resultate in jou fotografie kan behaal.

Kyle is ‘n toegewyde fotograaf met ‘n skerp oog om die skoonheid van landskappe en die naghemel vas te vang.

Kyle het ‘n pad in Biochemie gevolg en ‘n PhD in hierdie veld behaal. Kort nadat hy sy akademiese reis voltooi het, het hy egter ‘n passie vir fotografie ontdek. Hierdie nuutgevonde liefde het tot ‘n loopbaanskuif gelei en het hy hom as natuurfotograaf in Kaapstad gevestig.

Kyle help ook ander en verryk die gemeenskap deur die South African Landscapes Facebook-bladsy en WhatsApp-groep. Daar word wenke uitgeruil en geselsies aangekoop oor als en nog wat oor die natuurskoon.

Kyle organiseer ook gratis praatjies en ontmoetings om die kollektiewe kennis en kameraadskap van die gemeenskap te verryk, en bied fotografiewerkswinkels en -toere aan waar hy mense nie net die tegniese vaardighede aanleer nie, maar ook praktiese leiding in die veld gee.

Deur die loop van die week is leersame werkswinkels aangebied deur bekroonde en deurwinterde fotograwe wat elkeen kenners in hul onderskeie spesialisvelde is.

Kyle Goetsch.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button