Checker het hulle Little Shop, wat die eerste versamelbare mini-replika produkte is, in 2016 bekendgestel.
Die minis het jy gratis gekry wanneer jy ‘n sekere bedrag kruideniersware koop. Mense reg oor Suid-Afrika het na Checkers gestroom om hulle hande op die versameling te kry.
Minis is onder mense uitgeruil en die obsessie met die minis het so ver gegaan dat mense dit begin verkoop het.
Checkers het in September ‘n nuwe reeks van 44 minis bekend gestel en die obsessie het Parys oorgeneem.
Daar word daagliks op verskeie Parys groepe, minis uitgeruil. Een vrou gee gratis minis weg vir hondekos, wat sy dan aan die DBV wil skenk. ‘n Ander vra R20 per mini. Een vrou het kommentaar op ‘n plasing oor Checkers minis, gelewer en gesê sy het spesiaal R800 by Checkers spandeer op goed wat sy nie nodig gehad het nie, net sodat sy van die minis kan kry.
Die pienk Discovery Checkers mini is glo baie skaars en gesog. Dié mini is glo al vir R5000 verkoop en wanneer jy die mini vir Discovery wys, staan jy ‘n kans om R8300 in Discovery miles te wen.
“Wat ‘n lagwekkende klug. En groot mense glo in veetjies. Goedkoop advertensie vir Checkers om verkope te jaag. What a shame,” het Pieter van Wyk op Facebook gesê.
Zörana Geldenhuys het ook haar opinie op Facebook uitgespreek.
“My versameling is vol en vir al die suurgatte, dit was pret om dit bymekaar te maak. So klein ietsie om al die bitter in die lewe te vergeet! Ek het 2, 3 en nou 4 se versamelings volledig!”