Jaundré Du Plessis (19), ‘n jong man van Parys, het gister 15 November vermis geraak.
Die laaste wat enigiemand met hom kontak gehad het, was Vrydag 15 November om 08:00.
Jaundré is 1.75m lank met bruin oë en ligbruin hare.
Hy het ‘n grys top, swart kortbroek, grys hoed, en swart tekkies aangehad. Hy het ook twee rugsakke by hom gehad.
Quantaleen Kruger, ‘n familie vriend, sê Jaundré se foon is af en sy het geen idee wat gebeur het nie, maar sy is vreeslik bekommerd oor hom.
Indien jy enige inligting het of weet waar Jaundré homself bevind, kan jy vir Quantaleen by 066 248 0115 skakel.
Jy kan ook vir kolonel De Vos by 079 675 9311 skakel, of die bystand speurders by 082 554 3041 skakel. Alternatief kan die Parys polisie by 056 816 2506 geskakel word.




