Local newsNews

SA Boerboeltelersgenootskap reik uit na bejaardes en hulle in nood

'n Gebaar van omgee wat vreugde en warmte gebring het vir hulle wat minder het.

Die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersgenootskap (SABBS) het vanoggend voor die aanvang van die internasionale boerboelskou by die AfriDome in Parys, vreugde en winterwarmte gebring vir bejaardes en hulle in nood.

Daar is besoek gebring aan die welsynsorganisasie, Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) waar ‘n heerlike ete deur SABBS oorhandig is aan hulle wat minder het.

Hierbenewens is 50 komberse oorhandig aan VVA wat onder bejaardes uitgedeel sal word om warmte te gee hierdie winter.

Besoekers genooi na boerboelskou

Parysenaars en besoekers aan die dorp sal Vrydag 26 Junie, en Saterdag 27 Junie die room van die land se boerboele van 55 telers uit alle provinsies te siene kry by die Suid-Afrikaanse Boerboel Telersgenootskap (SABBS) se internasionale skou by die AfriDome in Parys. Toegang vir besoekers is gratis op beide dae.


‘n Totaal van 308 boerboele sal beoordeel word deur twee internasionale, en twee Suid-Afrikaanse beoordelaars.

Feyta King Arthur, 'n boerboel van eienaar Samone Oosthuizen, saam met die kalfie Kallie. Foto: WildfireM Photography
Feyta King Arthur, ‘n boerboel van eienaar Samone Oosthuizen, saam met die kalfie Kallie. Foto: WildfireM Photography


Volgens Lititia Kruger, voorsitter van SABBS sal die Junior-kampioenskapklasse Vrydag vanaf 08:00 tot 14:00 beoordeel word. Saterdag se program begin ook om 08:00. en sal Junior en Senior-klasse dan beoordeel word, met die hoogtepunt van die program – die aankondiging van Hond van die Jaar wat die middag plaasvind.


Kruger het mense genooi om te kom kennis maak met die trotse boerboel, SA se eie landras-hond. Dit is ‘n uitstekende geleentheid om te gesels met telers, te kyk na die honde wat gaan deelneem, en meer te leer oor hierdie ikoniese ras.

Klein Sandfontein Jaxen van eienaar Lititia Kruger wat ook die pragtige foto geneem het.
Klein Sandfontein Jaxen van eienaar Lititia Kruger wat ook die pragtige foto geneem het.


Besoekers van Europa en Amerika word by die skou verwag, en is daar selfs ‘n deelnemer uit Botswana.


Die Boerboeltelersgenootskap het 650 lede in bykans elke deel van die wêreld behalwe Antarktika.

“Ons kan nie wag om julle hier te sien nie,” het Kruger gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button