Local newsRecipes

Ineke Bakker se Vrugtekoekmengsel-truffels

Hierdie kan ook ‘n ideale selfgemaakte Kersgeskenk wees.

Ineke Bakker (71), bak al vandat sy kan onthou. Haar oupa aan haar pa se kant het ‘n bakery in Nederland gehad en Vrydae was altyd haar ma se bak-dae.

“Ek onthou toe ek klein was, het ek op Vrydae by my eie tafeltjie gesit en deeg rol vir klein koekies. Ek onthou ook die teestel wat my ma van Nederland af gekry het waarmee ons teepartytjies gehou het. Ek het dit by my ma geërf en het dit steeds.”

Sy is in Nederland gebore en het na Suid-Afrika verhuis toe sy net vyf maande oud was. Ineke het by Hoërskool Ferdinand Posta gematrikuleer en het daarna by NWU studeer.

Sy het vanaf 1977 huishoudkunde gegee en haar eerste pos was in Griekwastad.

Ineke is voorsitter van die Leeuhart Vroue Landbou Unie in Potchefstroom. Sy deel haar Vrugtekoekmengsel-truffels resep, wat die perfekte Kersgeskenk maak.

‘n Ongebakte lekkerny om te versnapper tydens die Kersdae. Hierdie kan ook ‘n ideale selfgemaakte Kersgeskenk wees.

Ineke Bakker by haar Vrugtekoekmengseltruffels.

Bestanddele:

  • 900 g Margarien (Verkieslik STORK bake of RAMA bake)
  • 1ml Sout
  • 1500ml Versiersuiker (6 x 250 ml) = 6 koppies
  • 6 Eiers
  • 6 pakkies Mariebeskuitjies (baie fyn gemaak)
  • 1,5 kg Gemende vrugte vir vrugtekoek (1½kg) – Verkrygbaar by Turkstra
  • 30ml Vanielje geursel
  • Klapper om by te sit tot mengsel dik genoeg is om bolletjieste vorm.
  • Klapper om balletjies in te rol.

Metode:

  • Smelt margarien in ‘n kastrol oorn lae hitte.
  • Voeg sout en versiersuiker by en roer goed.
  • Klits die eiers goed en voeg by margarienmengsel oor ‘n baie lae hitte, hou aan met roer tot eiers gaar is.
  • Gooi mengsel by die fyn gemaakte Mariebeskuitjies, gemende vrugtemengsel en vanielje geursel Voeg klapper by tot mengsel dik genoeg is om bolletjies te vorm.
  • Rol daarna die balletjies weer deur die klapper.
  • Bêre in lugdigte houer in yskas tot benodig.
Elke stap van die Vrugtekoekmengseltruffels.

Om truffels aantreklik te verpak as Kersgeskenk:

Gebruik ‘n mooi groot glasbottel of ‘n herwinde koffiebottel. Pak truffels netjies in bottel en versier bottel buite. Gebruik jou eie kunssinnigheid of versierings tot jou beskikking, dit maak jou geskenk soveel meer spesiaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button