Local news

Chubby Chick-Skietery: Dit gaan goed met Deon

Die verdagte, Robbert Joubert (73), sal Woensdag, 19 November weer in die hof verskyn.

Deon Fourie, mededirekteur van Chubby Chick in Potchefstroom, is steeds onder verdowing in die intensiewe hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Gauteng.

John-Henré Engels, waarnemende bestuurder van dié maatskappy, sê die verdowing sal na verwagting vandeesweek geleidelik verminder word. Volgens Engels het Deon noodchirurgie ondergaan nadat hy per helikopter na die hospitaal geneem is. Deon is verlede Donderdag weer geopereer, en dit was volgens mediese personeel suksesvol gewees.

Volgens Engels is daar in hierdie stadium geen bykomende inligting beskikbaar buiten wat in die amptelike mediaverklaring wat verlede week deur Chubby Chick uitgereik is nie.

Op 16 November het Potch Old Boys op hulle Facebook-blad bekend gemaak dat die dokters tevrede is met Deon se vordering en hy onder verdowing sal bly. Met ‘n volgende plasing op 19 November het hulle egter bekend gemaak dat hy ‘n rustelose nag gehad het en koors opgebou het.

Daar intussen op 13 Novemer ‘n kersliggedenkdiens vir die oorlede Johnathan gehou.

Robbert Joubert (73), die verdagte in die Chubby Chick-skietery, wat die lewe van Johnathan Fourie geneem het en sy boer, Deon kritiek beseer het, het 12 en 19 November in absentia in die Potcshefstroomlanddroshof versykn.

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Joubert word aangekla van moord en poging tot moord. Hy is tans steeds in die hospitaal en die saak is tot 11 Desember uitgestel.

Die tragiese voorval het 10 November by Chubby Chick in Potchefstroom se industriële gebied plaasgevind. Johnathan is op die toneel doodverklaar en Deon is in ‘n kritieke toestand per heilikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gehaas.

Volgens inligting is ’n vergadering tussen die twee direkteure, Johnathan en Deon, en Joubert gehou, vermoedelik oor ’n eiendomstransaksie. Ná die vergadering het Joubert glo die gebou verlaat, maar ongeveer 30 minute later teruggekeer. In daardie stadium was Deon steeds in die raadsaal toe die Joubert glo die gebou binnegekom en hom verskeie kere geskiet het. Hy het om hulp geroep, waarna Johnathan onmiddellik gereageer en Joubert glo in die raadsaal ontmoet het, waar hy ook verskeie kere geskiet is.

Sekuriteitspersoneel het toegetree en ’n verdere skietvoorval het plaasgevind. Die verdagte is gewond en na ’n plaaslike hospitaal vervoer, waar hy tans onder streng polisie toesig is.

Die verdagte, Robbert Joubert.
‘n Skermgreep uit ‘n video van die kersliggedenkdiens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button