Local news

Gholfeiland laagwaterbrug gesluit

Beide die laagwaterbrug na Gholfeiland en die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel is gesluit met water van die Vaalrivier wat oor die brue loop.

Die laagwaterbrug na die Parys Golf & Country Estate is gesluit met die Vaalrivier se water wat oor die brug stroom.

Die laagwaterbrug na die Parys Golf & Country Estate is onder water en gevolglik gesluit.
Die laagwaterbrug na die Parys Golf & Country Estate is onder water en gevolglik gesluit.
Die laagwaterbrug na Gholfeiland.

Die rivierwater het ook reeds in Fickstraat naby Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier begin loop.

Rivierwater loop in Fickstraat
Die rivier se water het reeds in Fickstraat naby Parys se geskiedkundige hanbrug begin loop. Foto: Liezl Scheepers
Die Vaalrivier by Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier. Foto: Liezl Scheepers
Die foto is in die Esplenade in Parys geneem waar lyn natgemaak is.

Barrage

By Woodlands stroomaf van die Barage is die watervloei as volg gemeet:

12:00 – 2 132 kubieke meter per sekonde

13:00 – 2 107 kubieke meter per sekonde

14:00 – 2 090 kubieke meter per sekonde.

Water vloei van vanoggend af natuurlik (vrye vloei) by die Barrage en is tien sluishekke by Vaaldam tans oop.

Mense word aangeraai om betroubare en geverifieerde bronne as verwysing te gebruik met betrekking tot opdatering van die daaglikse situasie by Vaaldam en die Barrage. Berigte is reeds ontvang van foutiewe en misleidende inligting wat versprei word en wat onnodig paniek saai. Let wel dat akkurate en korrekte inligting rondom die situasie wel deur amptelike kanale daagliks deurgegee word.

Bly uit die water en weg van die rivieroewer

Wat ook belangrik is om te onthou is dat jy nou uit die rivier en weg van die rivieroewer moet bly met verhoogde vloei van die Vaalrivier wat tans gesien word.

In gevalle waar mense eiendom tussen die Barrage en Parys moes ontruim, kon daar veilig ontruim word.

Schoemansdrift laagwaterbrug

Hou ook in gedagte dat die Schoemansdrift-laagwaterbrug in die Vredefort Koepel steeds gesluit is vir alle verkeer. Watervloei by die brug het teen 15:00 vanmiddag 2 274 kubieke meter per sekonde gemeet en die watervlak is as 3,80m by die brug gemeet.

Schoemansdrift Laagwaterbrug
Die foto van die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel is vamiddag om 15:00 geneem.
Die Vaalrivier soos gesien vanaf die Potchefstroombrug.
En steeds hou die klip kunswerk van Deon Terblanche onder die brug oor die Vaalrivier by Egweni River Lodge kop bo water. Foto: Liezl Scheepers.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button