Dis Parys teen Kroonstad vanaand
Hekke open vanaand om 18:30 vir ondersteuners met die afskop om 20:00.
Parys-rugbyklub speel vanaand (12 Maart) op sy tuisveld teen Kroonstad. Die wedstryd skop af om 20:00 op Hoërskool Parys se rugbyvelde. Hekke open reeds om 18:30. Toegang kos R10 per persoon en
kosstalletjies sal beskikbaar wees.
Ondersteuners is ook welkom om gasbraaiers en koelhouers te bring.
Parys het verlede Donderdag op ‘n sopnat tuisveld na reën in die laaste 20 minute van die wedstryd, die span van Bothaville geklop met ‘n eindtelling van 33-18.

Parys se drieë is aangeteken deur André van Zyl (2), Beuce Fortuin (2), Tobie Schlebusch (1) en Neil Henning (1) en vier doelskoppe. Spelers van die wedstryd was Tobie Schlebusch (voorspelers) en Tyler
Woodruff en Neil Henning (agterspelers).



