Local news
Brand in motorhuis rig skade aan
Onthou om duidelike inligting te gee wanneer jy 'n brand rapporteer byvoorbeeld of dit 'n huis- of veldbrand is, die spesifieke adres en jou naam en kontaknommer.
Verskeie nooddienste en vrywilligers het Sondag 9 Augustus hulp verleen in Boomstraat waar ‘n brand in ‘n motorhuis skade aangerig het. ‘n BMW wat in die motorhuis was, is in die brand beskadig.
Die brand is gou onder beheer gebring en is hulp op die toneel verleen deur Ngwathe Brandweer- en Nooddiens, WeCare patrolleerders, SAPD en CSS.


Onthou die volgende wenke
Noodoproepe
* Gee duidelike inligting wat brand bv. huisbrand, veldbrand ensovoorts
* Spesifieke adres waar die brand is
* Naaste kruisstrate aan die adres
* Jou naam en telefoonnommer
In geval van ‘n brand
- Kry onmiddellik hulp.
- Sorg ook dat jy ‘n familielid of betroubare vriend het wat jy dadelik in geval van nood kan skakel om te help om die nodige hulp na die toneel te ontbied. In geval van nood is dit dikwels moeilik om die regte kontaknommers vinnig op jou selfoon te kry. As jy iemand het wat kalm is en daardie noodoproepe namens jou kan maak, kan dit baie help.
- Wanneer die brand klein genoeg is om te blus, en jy oor ‘n brandblusser beskik, probeer dit so gou moontlik blus.
- Kom weg van die brand.
- Neem jou diere na veiligheid.
- Hou belangrike dokumente bymekaar en in ‘n vuurvaste houer.
- Moenie teruggaan in ‘n struktuur wat brand nie.
Brandweer-kontaknommer
082 909 3464.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



