Voëlklub besoek Thwane Bush Camp
Die vergadering van die Feathers Voëlklub op Donderdag 26 November 2015 sal die afsluiting vir die jaar wees. By die geleentheid sal daar eers gesels word oor die besoedeling van die Vaalrivier.

Die vergadering van die Feathers Voëlklub op Donderdag 26 November 2015 sal die afsluiting vir die jaar wees. By die geleentheid sal daar eers gesels word oor die besoedeling van die Vaalrivier.
Karen Allison van Otter’s Haunt en Andy Robins van Wildlife Conservation Trust sal die vergadering bywoon. Na die gesprek sal Jan Fourie weer van die lede se foto’s wys.
Na afloop daarvan sal almal saam kuier. Elkeen bring ’n bordjie eetgoed en sy eie eetgerei, bekers, drinkgoed ensovoorts. Die vergadering word om 18:30 in Sally Martin Park se saal gehou en belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Die uitstappie na in Oktober was nieteenstaande die hitte, ’n sukses. Een-en-sestig voëlspesies is aangeteken.
Die volgende uitstappie van die klub is op Saterdag 28 November waneer hul weer by Thwane Bush Camp gaan kuier. Nadat daar voëls gekyk is, is daar ’n bring-en-braai en belangstellendes moet hul piekniekmandjies met iets om te braai, verkyker en stoel saambring.
Tydens die vorige besoek aan Thwane in April 2015 is daar 38 voëlspesies aangeteken. Enigiemand wat belangstel in voëls en die natuur is welkom om saam te gaan. Aangesien dit nou vroeg lig en warm word, sal belangstellendes om 06:00 vanaf Pick & Pay se parkeerterrein in Parys vertrek.
Vir meer inligting oor die uitstappie of die klub, skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306 of Sanita Kemp by 072 421 8799.



