Gee die geskenk van lewe vir Valentynsdag
Februarie is die maand van liefde wat op ’n romantiese manier deur mense gedeel word. By die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) word die liefde elke maand gevier deur mense se onbaatsugtige naasteliefde wanneer bloed geskenk word. Hiermee kan jy ook ’n verskil maak in die lewens van pasiënte wie jou dalk nooit sal ken nie. …
Februarie is die maand van liefde wat op ’n romantiese manier deur mense gedeel word. By die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) word die liefde elke maand gevier deur mense se onbaatsugtige naasteliefde wanneer bloed geskenk word.
Hiermee kan jy ook ’n verskil maak in die lewens van pasiënte wie jou dalk nooit sal ken nie.
Die Bloeddiens moedig alle moontlike skenkers aan om hulself daaraan toe te wy om vier keer per jaar bloed te skenk.
Dit is nie te laat om dít jou nuwejaarsvoorneme vir 2016 te maak nie.
Om “dankie” te sê sal die Bloeddiens ʼn spesiale geskenk gee aan diegene wat vier eenhede in ʼn kalender-jaar skenk.
Alle bloedgroepe is belangrik maar Groep O is die bloedgroep waarvoor daar die grootste behoefte is.
Dit is omdat die aanvraag na dié groep baie hoër is en omdat dit vir pasiënte van alle ander bloedgroepe gebruik kan word.
Om ’n skenker te word moet jy:
•Minstens 50kg weeg
•Tussen die ouderdom van 16 en 65 wees
• ʼn Veilige leefstyl lei
Skenk bloed in Parys op Dinsdag 9 Februarie tussen 13:00 en 19:00 in die kerksaal van die Hervormde Kerk in Parys, h/v Loop- en Paulsenstraat. Die doelwit vir die dag is 100 eenhede bloed.



