NewsNews

Pasop vir die nuwe Facebook-virus

‘n Nuwe Facebook-virus doen tans die rondte en kan veroorsaak dat vreemde video’s op jou Facebook-profiel verskyn asook in jou privaatboodskappe tussen jou en jou vriende.

‘n Nuwe Facebook-virus doen tans die rondte en kan veroorsaak dat vreemde video’s op jou Facebook-profiel verskyn asook in jou privaatboodskappe tussen jou en jou vriende.

Talle Facebook-gebruikers het al hul ‘status’ intussen opgedateer en hul vriende aangeraai om nie vreemde ‘posts’ oop te maak wat van hulle af kom nie. Sommige het ‘n inbox-boodskap ontvang waarin hulle in die kommentaar-opsie gemerk is. Wanneer jy die video oopmaak word jy na ‘n vals webwerf geneem en versoek om ’n eksterne webblaaier-app (“plugin”)te installeer. Sodra jy as gebruiker dié uitbreiding installeer, verskyn vals video-inskrywings op hul Facebook-profiel en amper al hul vriende word in die inskrywing gemerk met ‘n skakel na die video.

Indien jy in die strik getrap het, doen die volgende:
1. Gaan dadelik na jou webblaaier se “settings” en klik op “extentions”.
2. Wis die kwaadwillige app uit.
3. Gaan na jou profiel en wis al die vals inskrywings uit.
4. Facebook sal ook ’n skandering van jou blad doen en in ’n verslag noem dat alles skoon is.
Hierdie stappe sal die virus hopelik in sy spore stuit.Dit blyk asof slegs Chrome-gebruikers die virus ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button